GGSA - Nuut 2021

Die jaarlikse fooie gee jou die reg om tot die nasionale GGSA EN 'n tuistak te behoort. Daarbenewens ontvang jy die kwartaallikse publikasie Familia.
Wanneer jy aansluit, sal jy jou voorkeurtak kies, bv. Johannesburg-tak, Vaaldriehoektak, Wes-Kaap, ens. Behalwe die onderskeie landtakke, kan jy ook aansluit by die eGSSA, 'n webgebaseerde virtuele tak.
In sommige gevalle hef takke bykomende ledegeld en daar is ook die opsie om op ander takke se nuusbriewe in te teken tot tak. Nuusbriewe verskil van tak tot tak.
Laai 'n afskrif van die aansoekvorm vir lidmaatskap af wat al die relevante inligting bevat wat jy benodig. OPMERKING: Jy kan uit twee opsies kies as jy 'n lid van die GGSA wil word.
  • Laai die betrokke aansoekvorm hierbo af, besluit watter tak jou pas en betaal die toepaslike fooie. Stuur jou voltooide vorm na die e-posadres daarop. Jy sal per e-pos in kennis gestel word van jou lidmaatskap.
  • Om via die eGGSA-tak aan te sluit, besoek hulle lidmaatskap bladsy: en volg die instruksies. Die fooi van die eGGSA bestaan ​​uit drie elemente, naamlik lidmaatskap van die nasionale GGSA; lidmaatskap van die virtuele tak eGGSA en ook as 'n opsionele lid van 'n landgebaseerde tak.
Kontak ons ​​gerus as jy enige vrae het.

Jy mag vra: "hoe kan julle my help?"  of "wat is daarin vir my?" of "wat kry ek in ruil vir my ledegeld?“ - met ander woorde, wat is van die unieke voordele wat die GGSA vir sy lede bied.
Eerste dinge eerste: Ons doen nie navorsing vir mense nie. Ons help jou om jou eie navorsing te doen.
So, wat doen ons dan?
  • Wel, in die eerste plek stel lidmaatskap van die tak jou bloot aan al ons lede se kollektiewe kennis, wat oor jare opgebou is. Sou jy dus aansluit, kry jy toegang tot daardie kennis, en kan jy begin vrae vra op die besprekingsgroepe. Vir hierdie doel het ons 'n dokument waarin al ons lede se belangstellingsprofiele aangeteken is, so dat jy presies kan weet vir wie jy oor watter familienaam (van) om hulp kan vra.
  • Tweedens gee lidmaatskap van 'n tak van die GGSA jou toegang tot die breër GGSA-gemeenskap - soos byvoorbeeld die eGGSA tak, wat aanlynbronne het wat jy eintlik nou al kan gebruik, maar ook tot die GGSA opsigself, van wie jy teen afslagprys geslagsregisters en ander relevante produkte goedkoper as die nie-lede kan aankoop.
  • Derdens is daar tak-spesifieke aanbiedings - siende dat takke hulself organiseer, verskil hulle aanbiedings:
    • By Noord-Transvaaltak, byvoorbeeld, stel ons ook 'n unieke handleiding tot jou beskikking. As jy ‘n aspirant-genealoog is, kan ons vir jou ‘n “buddy” reël om jou touwys te maak en ‘n mentorskap-program. Sou jy, as ‘n meer ervare genealoog, belangstel; gratis toegang tot 'n betaalde kommersiële aanlyn-databasis; 'n maandelikse nuusbrief; en natuurlik 'n staande uitnodiging tot ons maandelikse spreker. (Dit word sedert die begin van die grendeltyd op Zoom gedoen, en ook opgeneem word vir lede om later na te kyk). Verder bied ons ook van tyd tot tyd uitstappies aan; en afhangende van die behoefte, opleidingsgeleenthede, waar lede touwys gemaak word in die gebruik van sagteware, databasisse, en dies meer.  

Die impak en voordele van genealogie strek veel verder as die genealoë wat direk by hierdie wetenskap betrokke is. Dit bevorder dieper en breër kennis en insig in plaaslike, nasionale en internasionale geskiedkundige gebeure.
Meeste genealoë produseer manuskripte en publiseer boeke oor hulle navorsing of deel inligting via die internet, en versprei sodoende hierdie kennis deur die wêreld – en lewer terselfdertyd 'n bydrae tot die breër kennis en begrip van Suid-Afrika.
Die bronne wat diegene bewaar en help bewaar is van historiese en opvoedkundige belang nie slegs vir genealoë nie, maar ook vir 'n verskeidenheid van navorsers in ander vakgebiede.
Die mediese, wetenskaplike, akademiese (byvoorbeeld sosiologie, antropologie, sielkunde, skryfkuns en kuns), sowel as die forensiese gemeenskap, doen toenemend ‘n beroep op genealogiese ondersteuning.

word n lid
Mense van alle vlakke van die samelewing sluit by die GGSA aan om hul belangstelling in genealogie en familienavorsing aan medelede te deel. Lede wissel van aspirant-genealoë tot ervare genealoë, met uiteenlopende belangstellings in veral families, geografiese gebiede, genetika, fotografie, ens.
Lede sluit by die organisasie aan om ander genealoë te ontmoet, deel te word van die genealogiese netwerk, vertroud te raak met genealogiese bronne, werksmetodes en tegnologie-kortweg, om te leer en te groei.
Oor die algemeen bepaal lede hul eie fokus en bestuur hulle hul eie navorsing. Wat die GGSA bied, is kontak met geesgenote wat hul passie vir genealogie deel. Onder die lede van die GGSA vind jy mense wat graag hul kennis, begrip en insig wil deel, wat leiding en ondersteuning kan bied; sowel as blootstelling aan tegnologie en verskillende maniere om navorsing te benader. In sommige gevalle het nuwelinge toegang tot 'n maat en meer ervare lede neem soms mentorrolle in.
Onder die honderde GGSA-lede is daar 'n onskatbare bron van kennis en ervaring en 'n seldsame kameraadskap.

 Skakel in op genealogie en die GGSA se genealogiese netwerk.


Die takke vorm die kern van die GGSA aangesien die meeste van die genealogiese aktiwiteite daar plaasvind. Taklede kies hulle tak se Uitvoerende Komitee tydens die tak se Algemene Jaarvergadering. Takke is ten volle verantwoordelik vir hul eie bestuur, insluitend finansiële en lidmaatskap-administrasie, maar hulle is nie afsonderlike regsentiteite nie. Alhoewel takke outomaties onder die grondwet van die regspersoon van die GGSA val mag hulle oor addisionele reëls beskik wat slegs op daardie tak van toepassing is. Dit staan takke vry om die bestuur van die tak saam te stel op 'n wyse wat optimaal is vir die bereiking van hul doelwitte. Die grootte en samestelling van die komitee moet aan die behoeftes van die tak voldoen.
Takke bied tipies byeenkomste aan met praatjies, uitstappies en geleenthede vir lede om te sosialiseer. Daar is boekversamelings en biblioteekfasiliteite, die kwartaalblad Familia, en taknuusbriewe, ‘n webblad met die jongste inligting en Telegramgroepe waarin nuwe genealogiese ontdekkings en wetenswaardighede met mekaar gedeel word. Beginners kan vra vir ‘n “buddy” om hulle touwys te maak en meer gesoute genealoë het byvoorbeeld toegang tot ondersteuning met die publisering van hulle navorsingswerk, 
Takke het tradisioneel in groter sentra ontwikkel en was geografies gebonde - daar is tans twaalf sulke takke. Mettertyd het eGGSA ontwikkel, ‘n elektroniese tak wat ook buitelandse lede het. Gedurende die inperkings weens Covid-19 is tegnologie ingespan en baie van die takke het voortgegaan met hulle werksaamhede via Zoom en daarmee saam is die GGSA nou in ‘n oorgangsfase. Bymekaar kom en sosiale interaksie is steeds belangrik, maar word deur virtuele byeenkomste gekomplementeer.
Lede kan aansluit by enige tak van hul keuse en die virtuele dimensie maak dit ook moontlik vir lede buite die hoofsentra en op die platteland om sinvol lid van ‘n tak van hulle keuse te word.